Johannes Adolf Kleinhans (v)

Gebore 16 September 1995 in Worcester. Woonagtig in Stellenbosch in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. 

Image

Johannes Adolf Kleinhans (v) is gebore in die Kaapse Wynlande dorp van Worcester. Hy is onder vriende en familie bekend op sy tweede naam as Adolf om verwarring te voorkom met sy vader, Johannes, onder een dak.

Adolf begin sy skoolloopbaan by die Laerskool Worcester-Oos waarna hy in 2009 sy Gr.8 (Standard 6) jaar te Hoërskool Montana begin het. Hier het hy deelgeneem aan verskeie sportaktiwiteite, waaronder hy gefokus het op rugby en toutrek. Hy het in 2013 sy Nasionale Senior Sertifikaat voltooi by die Hoërskool Montana.

In 2014 het hy aangesluit by die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe te Akademia waar hy in Matriek reeds 'n akademiese beurs ontvang het vir sy volledige drie jaar se studies. In 2016 deel gevorm van 'n geskiedkundige oomblik as deel van die Universiteit se eerste ooit Graad klas en as lid van die Studenteraad; hy het dus in 2016 sy graad in BCom Ondernemingsbestuur ontvang. 

In 2017 verhuis Adolf na Noord-Natal (Pongola-Vryheid area) en verwerf sy kwalifikasie as Professionele Jagter onder die leiding van die welbekende beroepsjagter Mnr. Ian Goss. Adolf het aangegaan om dosyne jagte te ly met internasionale kliënte in hierdie area. In Desember 2018 hang Adolf sy stewels tydelik op as beroepsjagter.

Desember 2018 het Adolf terug na die Wes-Kaap verhuis en sy onderneming KC Safari Services gestig. Die onderneming spesialiseer in bemarking vir die jagindustrie en het roem bekom vir innoverende tegnieke. Adolf het aangegaan om hierdie onderneming uit te bou en menige ander dienste en ondernemings het die lig gesien. Onder die is die mees bekende Safari Filming, Let’s Hunt ('n Jagtoep waar Adolf en sy vader Johannes vennote is) & Huntlink. Adolf het Kleinhans Corporation as ‘n moedermaatskappy gestig in 2019.

Adolf is tans woonagtig in Stellenbosch.

Vind hom op Instagram