Johannes Adolf Kleinhans II

Johannes was gebore op 18 September 1918 en is oorlede op 24 Julie 1980. Hy trou op Luckoff op 7 Desember 1940 met Hester Cecilia (neé Vorster)(h4). Hester was gebore op 22 Mei 1918 en is oorlede op 24 Julie 1999. Hester was die dogter van Johannes Petrus Vorster, gebore op 19 Julie 1874 en is oorlede op 12 Desember 1964. Haar moeder was Hester Cecelia van den Berg, gebore 28 April 1889 en is oorlede op 03 November 1974. Beide is begrawe te Kwagga, Patensie. Bestudeer die stamboom vir sy onmiddellike gesinslede.

 

 

 

 

Getuigskrif gedateer 1938 nadat Johannes sy militêre diens te Robbertshoogte voltooi het en moes aansoek doen vir werk.